
Alle tuinmaakliefhebbers en natuurbewaringsbewustes sal dol hieroor wees!
Dis geen geheim dat ons almal baie meer bewus moet wees wanneer dit by waterbesparing kom nie. Dit kan gedoen word deur in soveel gebiede van jou lewe as moontlik die hoeveelheid water wat jy gebruik te verminder.
Ons is darem al almal in die gewoonte om die kraan toe te draai terwyl ons ons tande borsel, vinnig te stort pleks van in ’n groot bad vol water te lê en stortwater in die tuin te hergebruik, maar het jy enige benul watter wonderwerke ’n mens in die tuin kan verrig as jy water wil bespaar?
Hierdie tuinmaakwenk het ons heeltemal verstom. Dit wys ’n ongelooflike gebruik vir weggooidoeke (anders as die ooglopende gebruik!).
Dit blyk dat die jel in weggooidoeke wat as natriumpoliakrilaat bekend staan, tot 500 keer sy gewig in water kan absorbeer. Met een doek vir volwassenes kan jy groot hoeveelhede van hierdie jel verkry om by jou plantmedium in te sluit.
Kyk hierdie video om te sien wat dit vir jou tuin beteken:
The post Dié tuinmaakwenk sal jou verstom appeared first on Goeie Huishouding.